Hereford Bull of the Year 2017

 

ZUIKERKOP RED BULL ZK130088

  • Fase D Wenner 2015 en Interras Kampioen Fase D Bul - Royal Skou
  • Intermediêre Kampioen Bul – Vryburg Skou
  • Intermediêre Kampioen Bul – Bloemfontein Skou
  • Verteenwoordig die beste groep van twee diere, Nampo 2015

 

Hereford Bull of the Year 2016

Ten spyte dat die bul WDW12-53 nog jonk is, het hy reeds 'n groot impak in die skouring gemaak. Die bul het nog nooit in die skouring verloor nie. As relatiewe jong bul was hy reeds aangewys as SA se Nasionale kampioen in 2014. Hy was ook Groot kampioen Herefordbul in Moorreesburg in 2014 en 2015. Verder wen hy die Interras Opperste Kampioen by Riversdal in 2015. In 2016 word hy die wenner van die Wêreld Herefordbul van die Jaar kompetisie vir die Afrika/Asië streek wat oa prominente Herefordlande soos Australië en New Zeeland insluit, en volg dit op met ‘n algehele derde plek as Wêreld Herefordbul van die Jaar in Fort Worth, Texas, VSA.

Hy is ook in 2015 verkoop deur Locheim Herefords aan Vicedale Herefords teen die 2de hoogste prys ooit vir ‘n Herefordbul in SA.

As gekyk word na die bul se eie prestasie in groeitoetse sal sy besonderse voorspeense en naspeense groei gesien word. Hoewel WDW12-53 nog relatief jonk is is hy wyd gebruik as KI vaar en het al heelwat nageslag, maar is daar ongelukkig nog nie genoeg produksie data oor hulle agv sy jong ouderdom nie. Daar is egter reeds heelwat opgewondenheid oor die potensiaal van sy nageslag in verskeie kuddes waar hy reeds gebruik is en jong nageslag het.

 

Hereford Bull

Vicedale Herefords BK - 2016 Bul van die Jaar
WDW 12 53

 

Hereford Bull of the Year 2014

Hoekland Renegade 0917 het op 15 maande ouderdom begin werk as stoetvaar in die Hoekland Herefords kudde en sy eerste kalwers is gebore toe hy net 24 maande oud was.  Tans het 0917 92 aangetekende nageslag in 4 kuddes en hy self is nog nie eers 5 jaar oud nie.
0917 teel konstant kalwers met meer pigment as hul moers en sy kalwers is van ‘n baie eenvormige tipe, baie korrek, goeie groei en met uitstaande vleiseienskappe, maar met ‘n baie aanvaarbare geboortegewig en word met gemoedsrus op verse gebruik.
Op tweejarige ouderdom is ‘n halwe aandeel aan PP Mong Trust verkoop waar hy vir drie seisoen swaar gebruik was. 
Mnr Mong het die volgende kommentaar op HVR 0917: “HVR 0917 is in BM Herefords gebruik met ‘n baie goeie keuringspersentasie wat die korrekte bouvorm van die bul bevestig.  Van sy nageslag is ook in ons skoustring vir die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein.  Die bul se uitstaande eienskap is sy konstitusie met vleiseienskappe.”
HVR 0917 is nadat hy vir drie seisoene in die Hoekland- en BM Herefordkuddes gebruik is verkoop aan Bonhaven Herefords waar hy tans een van die senior stoetvaars is.
Hoekland Renegade 0917 se ware waarde le egter in sy nageslag en die feit dat hy 4 seuns het wat diens doen as stoetvaars in die volgende kuddes, naamlik, Wilkloof Herefords, Miquiline Herefords, Zetler Herefords en Hoekland Herefords en verskeie seuns wat aan goeie kommersiele telers verkoop is bevestig die gewildheid van sy nageslag.
0917 se teelwaardes is uitstekend en as mens die akkuraathede in ag neem is dit merkwaardig, bv
Geboorte Direk van 1.4 met ‘n 95% akkuraatheid
Speen Direk van 22 met ‘n 88% akkuraatheid
Speen Maternaal van 8.4 met ‘n 67% akkuraatheid
Na Speen Groei van 31.8 met ‘n 75% akkuraatheid
Sy oudste dogters is reeds in produksie met ‘n gemiddelde eerste ouderdom van kalwing van 25 maande

HVR 0917 is betreklik min geskou vir ‘n bul van sy potensiaal aangesien hy reeds op so ‘n vroee ouderdom begin werk het. 
Hier volg ‘n kort opsomming van sy eie skou prestasies:
Robertson 2010 – bulkalf- en groot kampioen bul
Riversdal 2011 – junior- en groot kampioen bul
Robertson 2011 – junior kampioen bul

Sy nageslag presteer ewe goed in die skouring:
HVR 1102 – bulkalf en groot kampioen bul, Robertson 2012
BMH 1210 – intermediere kampioen, Moorreesburg 2013
HVR 1101 – junior en groot kampioen bul, Robertson 2013
HVR 1101 – junior en groot kampioen bul, Riversdal 2014
HZ 1211 – verskalf kampioen, Riversdal 2014
Groep van drie, beide geslagte, nageslag van ‘n Suid Afrikaanse bul, Riversdal 2014

 

 

Hereford Bull of the Year 2011

Locheim Prime Stock van Mnr. HW de Waal
WDW 02 23

 

 

SA HEREFORD SOCIETY
Council
Members
Shows
Sales
CONTACT US
   051 410 0958
    hereford@studbook.co.za
  118 Henry Street, Westdene, Bloemfontein
Hereford Society

COPYRIGHT 2017 © SA HEREFORD SOCIETY. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET